Bestuur van Oord

Jaarvergaderings

Daar word aan die einde van ‘n jaar ‘n jaarvergadering gehou waartydens verslag oor al die hoofgebeure in die oord gedoen word. Verder word alle beginsel-besluite tydens hierdie vergadering bespreek en gefinaliseer. Onder andere word die begroting vir die volgende jaar asook die tariewe wat binne die oord sal geld, onder oë geneem en gefinaliseer.

Normaalweg word teen die middel van die jaar ‘n spesiale algemene jaarvergadering gehou waartydens die geouditeerde finansiële verslag van die vorige jaar onder bespreking is. Verder word daar soms tydens hierdie vergadering aan dringende ander sake aandag gegee en besluite geneem. Indien daar in die loop van die jaar ‘n probleem of aangeleentheid opduik wat die dringende aandag van die Bestuursvereniging benodig, word ‘n spesiale algemene vergadering gereël.

Die Bestuurskomitee

Die Bestuurskomitee (BK) bestaan uit die volgende nege lede, naamlik die Voorsitter, Onder-voorsitter, Sekretaris en bestuurslede wat die volgende ses portefeuljes hanteer:  Fasiliteite, Finansiële bestuur, Instandhouding, Sosiaal, Sekuriteit en Tuine. Die werksaamhede van die Bestuurskomitee word behartig deur  inwoners, wat deur die lede van die Bestuursvereniging verkies is tydens die jaarlikse  Algemene Jaarvergadering.

Vereistes t.o.v Inwoning

Volgens die bepalings van die wet waaronder die oord funksioneer moet minstens een van die inwoners van ‘n eenheid bo 50 jaar oud wees. ‘n Verdere vereiste vir toelating tot die oord is die feit dat alle inwoners selfversorgend moet wees. Daar word nie in die oord voorsiening gemaak vir persone wat nie meer na hulle self kan omsien nie en versorging of verpleging benodig. ‘n Maksimum van 2 inwoners per eenheid word toegelaat.

Met voornemende kopers of huurders word ‘n oriënteringsonderhoud gevoer. Tydens hierdie onderhoud word veral aandag gegee aan die reëls van die oord asook aan die beperkings en bepalings wat binne die oord geld. ‘n Kopiè van die Oordreëls is op aanvraag beskikbaar by die kantoor of kan via ‘n e-pos aangevra word.

Wat troeteldiere betref, word geen honde of katte in die oord as troeteldiere toegelaat nie. Inwoners mag slegs ‘n voëltjie of twee in ‘n koutjie aanhou. Die voorwaarde is ook dat sulke voëls nie ‘n steurnis vir die bure moet wees nie.

Versorging

Aangesien Montana Renaissance vir selfversorgende inwoners bedoel is, is daar geen versorgingsfasiliteite op die terrein beskikbaar nie.
 

Dit staan egter inwoners van Montana Renaissance vry om van versorgingsdienste op  inkontrakteringsbasis gebruik te maak. Die voorwaarde is dat dit ‘n persoon of persone moet wees wat by ‘n geregistreerde versorgingsdiens in diens moet wees. Die betrokke inwoner of inwoners moet self hieroor besluit en dra self die koste van sodanige dienste.

Scroll to Top